Goeiedag Koinonia Sinode Vriend/in,
Welkom by KORT NUUS 2023-13
‘Roep My aan, en Ek sal jou antwoord; Ek wil aan jou groot en onbegryplike dinge bekend maak wat jy nie geweet het nie.’
Jeremia 33:3
Afkortings:
AS = Algemene Sinode
KS = Koinonia Sinode
KSDG = Koinonia Sinode Diensgroep
Wil jy graag met iemand persoonlik gesels? Kontak gerus enige lid van die Kommunikasiespan (sien kontakbesonderhede heel onder)
1. Twaalf stellinge wat ek aan die NGK se deur vasspyker
Waarvoor moet ons opstaan:
• Oor ses sake, ‘n duidelike NEE
• Oor ses sake, ‘n duidelike JA
Luister na prof Hoffie wat standpunt inneem.
https://koinoniasinode.org.za/hoffie/
2. Inligtingsessie vir AS afgevaardigdes – 19h00, Maandag 9 Oktober
• Is jy ‘n afgevaardigde na die AS?
• Weet jy van die ongeveer twintig ernstige probleemareas in die AS agenda?
• Weet jy hoe om dit te hanteer?
• Weet jy wie gaan saam met jou daar wees?
Kom ons gaan hierdie jaar na die AS met ‘n gesindheid van nederigheid, afhanklikheid maar ook vasberadenheid. Ons weet nou dit gaan nie oor oppervlakkige verskille nie maar oor ‘n diepgaande geskil.
Hoe die ongeveer twintig verskille hanteer gaan word, gaan van uiterste belang wees
Kom ons bid en gesels voor die tyd saam as KS afgevaardigdes en met kundiges.
Indien nog nie gedoen, verskaf asb. dringend voor of op Vrydag, 6 Oktober jou besonderhede op die vorm by die volgende skakel … https://koinoniasinode.org.za/asinfo en ons sal vir jou inligting stuur oor die reelings vir die saamgesels en -bid geleentheid.
Indien reeds geregistreer, maak asb. seker jy kan die sessie bywoon.
3. Vrye Gemeente Tafelberg – Die pad wat ons geloop het
Is ons nog presies dieselfde gemeente wat ons was?
Is daar ’n vangplek waarvan niemand weet nie?
Het die kerkraad die gemeentelede om die bos gelei?
Het ons kerkskeuring gepleeg?
Het die gemeente afgestig?
Het die gemeente ’n ander kerk geword?
Is ons bates nog wettiglik ons s’n?
Gaan die bates vervreem word?
Hierdie sleutel vrae word beantwoord, klik hier https://koinoniasinode.org.za/vgtafelberg
Indien meer inligting benodig (bv. die Akte van Opskorting), stuur asb ‘n epos aan dr. Chris Saayman by 777saay@gmail.com
4. Gebed
Vas en bid soos wat julle gelei word vir…
– Voorbereiding van afgevaardigdes na die AS en die inligtingsessie van 9 Oktober, 19:00.
– Al die afgevaardigdes na die AS en dat hulle oop sal wees vir die leiding van die Heilige Gees vir onderskeiding oor dit wat regtig saak maak.
– Vrye gemeente Tafelberg, ander gemeentes en lidmate wat in onseker tye en in afhanklikheid soek na oplossings.
– Voorbereiding vir KSDG byeenkoms 1 November.
– Voorbereiding vir Koinonia gemeente Konferensies in November.
– Skakel vir gebedsdag kan hier geraadpleeg word: https://juignuus.co.za/nasionale-oproep-tot-gebed-deur-koinonia-sinode/
Stuur asb. hierdie Nuusbrief aan jou familie, vriende en leraar.
KS Kommunikasie Span
Behoefte het om persoonlik te kontak?
Dr Bennie Marais = 076 913 4861
Alf Olivier = 078 705 5599
Gerrie van Niekerk = 082 264 9710
Ofstuur asb epos na info@koinoniasinode.org.za
Vir meer inligting, besoek gerus https://koinoniasinode.org.za/