NG Gemeente Heilbron-Suid
VAKATURE: LERAARSPOS
(Vaste termyn vir drie jaar met opsie van verlenging)
In biddende afhanklikheid van die Here, stel die gemeente van Heilbron-Suid die bogemelde vakature bekend en nooi belangstellende gelegitimeerde leraars van die NG Kerk uit om vir die pos aansoek te doen.
Gemeenteprofiel:
Heilbron-Suid is een van twee gemeentes in Heilbron wat geleë is in die noordoostelike gedeelte van die Vrystaat met ’n tipiese plattelandse karakter.
Boerdery vorm die ekonomiese kern met verwante nywerhede en besighede.
Hoër- en laerskool asook kleuterskole is beskikbaar.
Die gemeente bestaan uit ongeveer 250 belydende en 60 dooplidmate. Die meerderheid lidmate is bo die ouderdom van 50 jaar. Daar is ’n brandende begeerte om jonger lidmate na die gemeente te trek deur middel van ’n meer informele bedieningstyl waarin lofprysing ’n beduidende rol speel.
Die kerkterrein bestaan uit ’n goed instandgehoude kerkgebou met die nuutste tegnologiese oudovisiële toerusting toegerus, kerksaal en kantoorfasiliteite. Behuisingsvoordele ingesluit.
Leraarsprofiel:
• ’n Wedergebore kind van God wat ’n ligdraer van die Christelike evangelie is.
• ’n Leraar wat die gesag van die heilige, onfeilbare Woord van God ten volle aanvaar en uitleef.
• ’n Gereformeerde teologie met die Bybel as enigste ware Woord van God en die drie belydenisskrifte van die NG Kerk in die prediking suiwer te verkondig.
• ’n Leier wat die gemeente in liefde sal voorgaan in woord en daad. Gemeenteaktiwiteite bestuur en koӧrdineer.
• Pastorale en evangelisasie funksies tot bevrediging van die kerkraad uit te voer.
• Aanvaarding en nakoming van alle bedieningspligte soos vervat in Artikel 9 van die Kerkorde.
• Inisiatief te neem om in veranderde omstandighede, gemeenteaktiwiteite aan te pas en uit te voer.
Vergoeding:
Die Totale Koste Van Indiensneming (TKVI) is onderhandelbaar met inagneming van die sinodale riglyne van die Vrystaatse Streeksinode tot en met ’n maksimum van kerf 9. Verdere byvoordele sluit ook behuising-, motor- en telefoontoelae in.
Sluitingsdatum: Aansoeke sluit 15 November 2023.
Aansoeke:
• Kan per e-pos (ngheilbrons@gmail.com) gerig word aan die Voorsitter van die Kerkraad, NG Gemeente Heilbron-Suid.
• Moet vergesel wees van ’n CV (maksimum vier bladsye) asook kontaknommer van ten minste drie (3) verwysings.
• Dit kan verwag word om ’n erediens te kom waarneem asook ’n onderhoud na die afloop van die erediens te hê.
• Indien enige verdere navrae rakende hierdie vakature, kan u met die volgende persone skakel:
Ds Gerrit Strydom (konsulent) 076 423 9363.
Br Lieb Kriek (voorsitter diensverhoudinge) 082 806 8711.