Die boek nooi die leser om saam te kom dink oor die dinge wat plaaslik, maar ook wêreldwyd aan die gebeur is, en dan te besluit waar/hy/sy staan.
As jy op hoogte wil kom van die vernietigende invloed van die tydsgees en kulture wat gedurig verander op kerke, is hierdie boek ‘n moet-lees.
Al handel die inhoud oor ernstige kwessies en diepliggende probleme in die kerk, is die skryfstyl gemaklik en kan dit vlot gelees word. Almal dink nie eenders nie – die boek gaan daarom ook oor meningsverkille wat die paar dekades kop uitgesteek het, soos:
- Die maagdelike geboorte van Christus en sy opstanding
- Die persoonlike aard van die duiwel
- Saamwoon voor die huwelik en selfdegeslag-verhouding.
“Dit is nie ‘n klompie leraars of ‘n groep kerkleiers wat ‘n wankelende kerk weer op vaste fondamente van die Skrif sal laat staan nie. Dit is die kerk se gewone lidmate soos jy wat die boek lees, wat dit in jou omgewing sal doen.” – Gerhard Mahne
Hierdie is die papier-weergawe van die boek. As jy die gratis PDF-weergawe soek, KLIK HIER!