Skip to content

Registrasievorm - Koinonia Groepe

Wat is KS Groepe?

KS Groepe is veilige, aanlyn byeenkomste waar jy kan inskakel en deel met ander medegelowiges.

Groeplede gee om vir mekaar, deel in mekaar se lewens, bou mekaar op rondom die Woord en brei die Koninkryk uit. Groepe vergader weekliks op WhatsApp-Video en behandel behoudende leerplanne.

Hoe gaan dit werk?

Enigeen wat die doelwitte en waardes van Koinonia Groepe ondersteun, is welkom om in te skakel. Opleiding oor die waardestelsel en funksionering van groepe sal verskaf word vir beide groepleiers en groeplede. Groepleiers kry weekliks toepaslike materiaal vanaf Koinonia wat dan aan groeplede versprei word.
 

Hoe word ek deel hiervan?

As jy belangstel, registreer deur die vorm hieronder in te vul en te stuur. Belangstellendes word in Groepe gedeel volgens hul demografie en belangstellings. Uit die registrasie word leiers geïdentifiseer en uitgenooi om hul Groepe te lei.
 

LW: Deur hierdie vorm in te stuur dui jy aan dat jy jouself vereenselwig met die KS-geloofsverklaring wat jy kan lees deur HIER te klik.